Russiese presidentsverkiesing, 2012

Wladimir Poetin
Verenigde Rusland
Gennadi Zioeganof
Kommunistiese Party
Sergei Mironof
Regverdige Rusland
Wladimir Zjirinofski
Liberaal-Demokrate
Michail Prochorof
Onafhanklik

Die Russiese presidentsverkiesing van 2012 het op 4 Maart 2012 plaasgevind,[1] met Wladimir Poetin van Verenigde Rusland wat met 63,6 persent van die stemme gewen het en daarmee verkies is vir die nuwe, verlengde termyn van ses jaar. Hy was van 2000 tot 2008 reeds president van Rusland en daarna eerste minister onder pres. Dmitri Medwedef. Hy is op 7 Mei 2012 ingehuldig vir sy derde termyn.

Gennadi Zioeganof van die Kommunistiese Party was tweede met 17,2 persent van die stemme en die onafhanklike kandidaat Michail Prochorof derde met 7,9 persent.

Op 30 Junie 2011 het Poetin, die eerste minister, op ’n streekkonferensie van sy Verenigde Rusland-party gesê die 2012-verkiesing gaan "vuil" wees.[2] Op die kongres van Verenigde Rusland op 24 September 2011 in Moskou het president Dmitri Medwedef voorgestel dat Poetin, sy voormalige mentor, in die verkiesing staan, en Poetin het die aanbod aanvaar. Poetin het dadelik voorgestel dat Medwedef Verenigde Rusland se kandidaat vir die amp van eerste minister moet wees.[3]

Alle onafhanklike kandidate moes teen 15 Desember 2011 geregistreer het en kandidate wat deur politieke partye benoem is, teen 18 Januarie 2012. Die finale lys is op 29 Januarie aangekondig.

  1. "Russia's presidential elections scheduled for March 2012". B92. RIA Nowosti. 21 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2011. Besoek op 25 September 2011.
  2. "Putin says Russian 2012 election will be dirty" (in Engels). Reuters. 30 Junie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2012. Besoek op 25 September 2011.
  3. "Russia's Putin set to return as president in 2012". BBC News (in Engels). 24 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2020. Besoek op 24 September 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search